Rommel in Jacksonville in Roodepan
Kruiwaens en emmers vol rommel word gereeld op hierdie oop stuk grond in Jacksonville, Roodepan, neergegooi – tot die uiterste frustrasie van inwoners wat teen die straat bly. Foto: Helena Barnard

Dooie honde, wat al gedeeltelik onbind het, asook slange wat agter knaagdiere in die rommelhope aan is, is van die frustrasies waarmee van Jacksonville se inwoners moet saamleef.

Die onwettige storting van rommel is algemeen teen diรฉ straat in Roodepan, Kimberley. Die spesifieke straat grens aan ‘n oop stuk veld en hierheen bring ander inwoners hul rommel en “dop dit kruiwaens vol daar uit”.

“Hier lรช weer ‘n vrot hond, en dit is siekte vir my en familie,” sรช ‘n inwoner wat verkies om anoniem te bly.

Dooie hond tussen rommel
‘n Dooie hond, gedeeltelik ontbind, lรช op ‘n hoop rommel wat in Jacksonville in Roodepan, Kimberley, gestort is. Foto: Verskaf

Hy vertel wanneer die reuk van ontbinde diere eers hul huis getref het, kan hulle skaars asemhaal. Dan moet hy iemand uit sy eie sak betaal om die dooie dier weg te ry.

“Ek het ook al twee slange in my huis gekry, wat ‘n gevolg is van die gemors,” vertel hy.

In somermaande, wanneer die gras en onkruid hoog groei, bied dit ‘n verdere skuiling vir knaagdiere in die rommel, wat weer slange lok.

Hoewel die Sol Plaatje-munisipaliteit asbliksakke in die gebied een maal per week verwyder, laai munisipale werkers nie die rommel op wat los in die oop stuk veld lรช nie. Diรฉ inwoner en sy bure, wat dag nรก dag in ander mense se rommel moet vaskyk, is moedeloos.

“Hier sit ons tussen ander mense se gemors, maar dan moet ek net sรช dit gaan goed,” sรช hy.

Inwoners wat teen hierdie stuk veld in Jacksonville, Roodepan, woon, is moedeloos met ander inwoners wat hul rommel hier kom stort. Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.