Skoolbusoperateurs ontwrig vervoer

Pendelaars, leerlinge en motor­iste het ure in die koue op die N14-hoofweg deurgebring nadat skoolbusoperateurs in Kakamas, Keimoes en Upington die pad na dié dorpe met skoolbusse en taxi’s versper het.


skoolbusoperateurs

Pendelaars, leerlinge en motor­iste het Donderdag (16/07) ure in die koue op die N14-hoofweg deurgebring nadat skoolbusoperateurs in Kakamas, Keimoes en Upington die pad na dié dorpe met skoolbusse en taxi’s versper het. Die operateurs het tot dié stap oorgegaan nadat vele gesprekke met die Noord-Kaapse departement van onderwys oor hul vergoeding geen vrugte afgewerp het nie. Hier is een van die skoolbusse, met van die operateurs se misnoeë wat op plakkate uitgespreek word. Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.