Die internasionaal-erkende organisasie wat fotograwe in Suid-Afrika verteenwoordig, Photographic Society of South Africa (PSSA), nooi ontwerpers om ‘n nuwe embleem vir die organisasie te skep.
R15 000 is op die spel vir die ontwerper van die wen-embleem.
Met diรฉ nuwe embleem wil PSSA sy prestasies oor die afgelope 70 jaar, asook die kameraadskap en genotvolle leergeleenthede wat lede nou geniet, uitbeeld.
Die kompetisie is oop vir alle belangstellendes, hetsy of hulle opgeleide ontwerpers is, of nie. ‘n Vereiste is wel dat die wen-embleem dadelik herkenbaar moet wees as verteenwoordigend van ‘n fotografiese organisasie wat aan Suid-Afrikaanse fotograwe ‘n tuiste bied, waar hulle saamwerk om fotografie en fotograwe se belange te bevorder.

Jeug-afdeling besonder aktief
PSSA is in 1954 gestig omdat geglo is dat een verteenwoordigende liggaam Suid-Afrikaanse fotograwe se belange en hoรซr fotografiese standaarde beter kan bevorder as klubs wat individueel werk.
Die stigters het geglo aan die beginsel “Saam is ons sterker”. Gedurende die afgelope 70 jaar is PSSA deur al die belangrike internasionale fotografiese organisasies erken. Van die PSSA direkteure is met eerbewyse beloon vir hul bydraes en PSSA het nege jaar opeenvolgend ‘n prominente internasionale kompetisie gewen.
Die PSSA jeug-afdeling is besonder aktief en leerlinge so jonk as sewe jaar oud ontvang gereeld medaljes. Sy meer as 1 000 lede word op hoogte gehou van die jongste fotografiese tegnieke en genres. Tydens jaarlikse kongresse en maandelikse opleiding by geaffilieerde klubs kan hulle van kenners leer. Lede word ook uitgedaag om hul fotografie tot nuwe hoogtes te neem deur panele in te dien vir eerbewyse. Hulle kan ook deelneem aan die strafste Afrika-kompetisie om die Impala-trofee te verwerf.
Die 116 geaffilieerde klubs geniet die beskikbaarheid van gekwalifiseerde beoordelaars vir hul klub-kompetisies wat deur PSSA tydens ‘n jaar-lange kursus opgelei is.
- Die sluitingsdatum is einde Augustus, wat ook Wรชreld Fotografiemaand is.
- Besoek pssa.co.za/pssa-logo-competition/ vir meer inligting oor die kompetisie.





You must be logged in to post a comment.