Nthabiseng Majiya (18), doelskopper en jongste lid van die Suid-Afrikaanse vrouesokkerspan, Banyana Banyana, het in die Afrikabeker-toernooi haar naam – wat “Maak my bly” beteken – gestand gedoen. Dit was dié gr. 11-leerling aan die Hoërskool Orion in De Aar se enigste doel teen Botswana wat Banyana Banyana na die kwarteindstryd laat deurdring het. Van daar was die span se pad oop na glorie. Hulle het Marokko in die eindstryd met 2 – 1 geklop. Die wedstryd is op 24 Julie in ’n stampvol Prince Moulay Abdellah-stadion in Rabat gespeel. Banyana Banyana het Tunisië, Botswana, Burundi, Nigerië en Zambië onderweg na die eindstryd geklop. Dit is Suid-Afrika se eerste sokkertitel in 26 jaar ná Bafana Bafana se triomf in 1996 se Afrikabeker-toernooi. Nthabiseng is Vrydag (29/07) by die Kimberley-lughawe soos ’n held deur haar spanmaats van Richmond United Ladies ontvang. Lees ook die berig

Foto: Anena Burger

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article