Die Sally Aucamp-tehuis vir volwassenes met liggaamlike gestremdhede het ’n groot aantal doeke vir volwassenes, nuwe klere en voedselprodukte van die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede (NCPD) ontvang. Dié tehuis in Kimberley kan 15 inwoners huisves. Dit bestaan sedert 1981. Die doeke is onder meer deur Nappy Run, ’n jaarlikse projek van die NCPD, ingesamel. Dit vind van 3 Oktober tot 3 Desember plaas. Dorothy-Anne Howitson, sekretaris van die Vereniging van en vir Persone met Gestremdhede in die Frances Baard-distrik (APD-FBD), sê 3 Desember is die Internasionale Dag vir Persone met Gestremdhede. Sy sê ook APD-FBD is by die NCPD aangesluit. Evie Brevis, matrone, is hier by die skenking.

Foto: Verskaf Credit: SYSTEM