Ontevrede inwoners van die Kai !Garib-munisipaliteit, wat Keimoes, Kakamas en Kenhardt in die Noord-Kaap insluit, het die munisipale kantoor vir die volgende week tot verdere kennisgewing gesluit.
Die inwoners het Maandag die deure van die munisipaliteit se kantoor in Kakamas met ’n ketting en slot gesluit.
Die inwoners het verlede Donderdag reeds na die Kai
Dié bevel is op 29 Augustus in die hooggeregshof in Kimberley uitgereik.
Die bevel het gelas dat daar op sowat R3 miljoen se bates, wat 81 voertuie insluit, beslag gelê word en dat dit op ’n openbare veiling verkoop moet word.
Dit volg nadat diensverskaffers in 2016 glo slegs met R1,2 miljoen vergoed is vir ’n geologiese ondersoek wat R3,6 miljoen beloop het.
Caroline Booysen, sekretaris vir die Community in Action-groep, sê die kantoor sal gesluit bly totdat die departement van samewerkende regering, tra-
disionele sake en menslike nedersettings (Kogta) antwoorde
op die gemeenskap se kwessies gee.
Kogta het vroeër 21 dae gekry om te reageer.
’n Verteenwoordiger van Kogta uit Upington het Maandag weer gekom om met die gemeenskap te onderhandel dat hulle nog sewe dae uitstel vir terugvoering moet kry.
“Voordat die 21 dae van die eerste terugvoering verby is, het ons weer ’n brief aan hulle gestuur ter herinnering dat die 21 dae binnekort verstreke is. Hulle het nie op ons brief gereageer nie.
“Ons het toe besluit om die munisipaliteit te sluit. Kogta bring dan nie hulle kant nie, so hoekom moet ons? As die Community in Action-groep is ons ook antwoorde aan die gemeenskap verskuldig.
“So, die munisipaliteit gaan toe staan totdat ons antwoorde kry.”
Xhanti Teki, woordvoerder van Kogta, het teen druktyd nog nie op navrae gereageer nie.
- Lecrecia Prins is redakteur van Volksblad se plaaslike koerant Kalahari Bulletin in Kuruman.