Vir die kamerkoor van Onseepkans in die uithoeke van die Noord-Kaap was dit ‘n belewenis om op die verhoog van die Kunstekaap-operahuis op te tree.
“Ons het nie gewen nie, maar ons voel soos wenners omdat ons geskiedenis gemaak het,” vertel Maria Dhana, koorleier.
Nie net was die kamerkoor wat Dhana in 2023 begin het nie, die eerste uit die geweste om aan die ATKV Suidoosterfees-koorkompetisie deel te neem nie, maar het ‘n hooforganiseerder van die kompetisie erken dat sy nog nooit van Onseepkans gehoor het nie.
Nege van die tien koorlede het tydens die koorkompetisie in Mei opgetree – die tiende lid moes ‘n eksamen aflรช.




“Ons was ongeveer agt minute op die verhoog en almal was so bietjie angstig, want dit was ons eerste keer op die verhoog van die operahuis,” vertel Dhana.
Die koor beplan om volgende jaar weer vir die koorkompetisie in te skryf en ook vir die Choral Celebration Festival, wat waarskynlik in Kimberley gaan plaasvind. Hulle wil ook by koorkompetisies en feeste in die Noord-Kaap betrokke wees.
Hulle bedank die borge, wat hul verblyf- en vervoeruitgawes help dek het, en ook vir Jontas-vervoerdienste. Die ander borge wil anoniem bly.
Enigiemand wat die koor wil ondersteun, en ook die musiekafrigting, wat gratis aan kinders van die omgewing gebied word, kan vir Doreen Hendricks, skakelbeampte, by doreen@oskdevco.co.za of by 073 424 4740 kontak, of vir Dhana by mariadhana87@gmail.com of by 063 972 7162.
Koordrag is van die benodigdhede vir diรฉ kamerkoor.





You must be logged in to post a comment.