Dit is onwettig vir enige lid van die publiek, asook handelaars, om in besit te wees van materiaal of kentekens wat geregistreer is vir gebruik uitsluitlik deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW).

Slegs SANW-lede aan wie uniforms van onder meer kamoefleermateriaal uitgereik is, mag in besit daarvan wees. Selfs dan mag dit nie verander of aangepas word vir die doel anders as waarvoor dit uitgereik is nie.

In ’n verklaring sê Siphiwe Dlamini, SANW-woordvoerder, dat die weermag die onlangse video-insetsel op sosialemedia­platforms ten sterkste afkeur waarin gewys word hoe iemand kunsstukke aan kamoefleermateriaal van die weermag vasstik.

Dit is onwettig en kan tot vervolging lei, sê Dlamini.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article