Ongeluk by Hopetown lei na nog chaos

’n Ongelukstoneel buite Hopetown het op Saterdag 13 Julie in chaos ontaard toe ’n skare gewapen met messe, pangas en emmers op die vragmotor wat beeste vervoer het, toegesak het.


’n Ongelukstoneel buite Hopetown het op Saterdag 13 Julie in chaos ontaard toe ’n skare gewapen met messe, pangas en emmers op die vragmotor wat beeste vervoer het, toegesak het. Dié vragmotor met ’n dubbelsleepwa het langs die N12 omgeslaan nadat ’n voorband glo gebars het.

Die DBV in Kimberley is na die toneel om hulp aan die diere te verleen. Van die beeste het oorleef, terwyl ander van kant gemaak moes word. Die skare wat saamgedrom het om vleis in die hande te kry, het grootliks die DBV se werk verhinder. Van hulle het begin om die diere binne die waens te slag. Die DBV veroordeel die optrede ten sterkste.

Besoek die Kimberley DBV op Facebook vir meer foto’s en inligting. 

In Januarie is die totale vrag van 24 palette vrugtesap tussen Hopetown en Strydenburg geplunder nadat die vragmotor wat dit vervoer het, in ’n ongeluk betrokke was. ’n Anonieme bron het aan NoordkaapBulletin vertel dat WhatsApp-groepe bestaan wat mekaar inlig sodra ’n vragmotorongeluk op die N12 gebeur, waarna die groepslede hulle na die toneel haas om voorraad te plunder.

You need to be Logged In to leave a comment.