Gert van Zyl, mede-eienaar en natuurbewaarder by Kalahari Trails (Meerkat Sanctuary), gesels met die kinders.

Foto: Verskaf

Ter viering van Aardedag het Kalahari Trails, Kgalagadi Lifestyle Lodge en die Kalahari Tutor Sentrum in Askham kragte saamgesnoer om die tema, Planeet vs Plastiek, uit te dra.

Dié geleentheid op Woensdag 17 April is gebruik om die belangrikheid van die omgewing aan die jeug van Askham te beklemtoon, en wenke oor hoe om dit op te pas en skoon te hou, met die fokus op die vermindering van plastiekafval, is oorgedra.

Kinders het ook aan prettige en leersame aktiwiteite deelgeneem en waardevolle lesse geleer, terwyl die innerlike ook versterk is.

Hierdie samewerking beklemtoon die krag en eenheid van die gemeenskap, waar ondernemings en opvoeders saamwerk om die volgende geslag te inspireer om ons planeet te beskerm.

Vir meer inligting of om betrokke te raak by hierdie soort projekte, stuur ‘n epos aan jo-ann@kgalagadi-lodge.co.za.

Die 54ste Wêreld Aardedag is op 22 April gevier, en op die dag word aardbewoners gevra om na te dink oor hoe hulle nadelige gewoontes kan verander om die planeet van onder meer klimaatsverandering te red. Vind meer uit oor Wêreld Aardedag, en wat jy kan doen om ‘n verskil te maak.

You need to be Logged In to leave a comment.