Conley van Wyk van Olifantshoek by van sy kunswerke wat te koop aangebied word.

Foto: Verskaf

’n Jong kunstenaar van Olifantshoek is besig om met sy Khoisan-kunswerke naam te maak.

Die Khoisan-tradisiehuis het Conley van Wyk (23) gevra om vir hom unieke Khoisan-kuns te doen en het hom só onder die vlerk geneem.

Alec Jacobs van die tradisiehuis sê dat Khoisan-rotstekeninge reeds derduisende jare bestaan, en Van Wyk se kuns bring opnuut momentum in hierdie nalatenskap.

“Ons is besig om die kultuur en tradisie terug te bring,” sê Jacobs.

Vir Van Wyk is dit ’n doelwit om die kunsmoontlikhede in die streek uit te brei en die Khoisan-tradisie só bekend te maak – en boonop sy naam as kunstenaar te vestig.

Sy kunswerke word in Olifantshoek te koop aangebied en die publiek word genooi om sy werk by die Khoisan-tradisiehuis, net buite Olifantshoek langs die N14 op pad na Upington, te besigtig.

Kontakbesonderhede is by die tradisiehuis aangebring en Jacobs sê ’n webwerf gaan eersdaags gevestig word waar die kunswerke te koop aangebied word. Vir inligting, bel Jacobs by 078-792-0234.

Om die Khoisan-kuns verder uit te dra, is ’n droom van Conley van Wyk van Olifantshoek.

You need to be Logged In to leave a comment.