Vir die eerste keer ooit sal die Nampo Oesdag by Bothaville oor vyf dae strek.
Dié geleentheid, wat gewoonlik net vier dae duur, sal vanjaar van 16 tot 20 Mei aangebied word.
“Die 54ste Nampo Oesdag, wat as die hartklop van landbou in Suid-Afrika beskou word, bied ’n unieke platform waar produsente hul kennis kan uitbrei en nuwe oplossings vir landbou kan verken,” sê dr. Dirk Strydom, Graan SA en Nampo se bemarkingshoof.
Dit bied ook geleentheid vir dialoog en stel die publiek en ander belanghebbendes in staat om kommersiële landbou en voedselveiligheid te ervaar.
Nampo, die grootste landbouskou in die Suidelike Halfrond, het jaarliks bykans 800 uitstallers.





