Nuwes versterk Griekwas

Verskeie nuwe spelers het hulle aan die begin van 2019 by die Griekwa-span aangesluit.


Verskeie nuwe spelers het hulle aan die begin van 2019 by die Griekwa-span aangesluit.

Die agterlyn word nou versterk deur spelers soos Anthony Volmink (Lions), Eduan Keyter (Westelike Provinsie), Grant Hermanus (Westelike Provinsie) en Keanu Vers (Oostelike Provinsie). Edwin Sass, wat verlede jaar ’n kort rukkie vir die Poubloues in die Curriebeker gespeel het, is ook terug nadat sy kontrak verleng is.

Ander agterspelers wat deur die Griekwas bekom is en hulle in April by die Poubloues sal aansluit, sluit Tinus de Beer (Bulle), Michal Haznar (Westelike Provinsie) en Chris Smit (Maties) in.

Wat voorspelers aanbetref, spog die Griekwas nou met Victor Sekekete (Bulle) en Cody Basson (Griffons), wat hulle reeds by die Poubloues aangesluit het.

Johan Momsen (Maties) en Khwezi Mona (Southern Kings) maak in April ook die skuif na die Griekwa-span.

Die Griekwas se hoofbreier, Brent Janse van Rensburg, sê hy is tevrede met die vordering wat tot dusver gemaak is en meen dat die nuwe spelers diepte aan die span sal verleen.

“Ons hoop die nuwe spelers sal dit hier geniet, en hoop dat hulle waarde tot die span sal toevoeg.

“Daar is baie werk om te doen, maar ons maak vordering en glo dat ons op die regte pad is.”

You need to be Logged In to leave a comment.