Die grondpad tussen Williston en Fraserburg in die Karoo Hoogland- plaaslike munisipaliteitsgebied gaan glo vandeesmaand deur die Noord-Kaapse departement van openbare werke en paaie geteer word.
Luidens ’n verklaring deur die VF Plus verwelkom die party die besluit, aangesien die teer van dié pad die munisipaliteit se potensiaal as toerismebestemming kan ontgin.
Die sterrewag by Sutherland en die radioteleskoop rondom Williston en Carnarvon skep moontlikhede vir astro-toerisme, veral as ’n goeie padinfrastruktuur bestaan.
Ekonomiese groei en werkskepping in die dorpe word voorsien wanneer goeie paaie meer beleggers en toeriste trek.