Micheal Kaars is as die nuutste DA-lid van die Provinsiale Wetgewer verwelkom. Hy is op 19 April ingesweer. Die DA sê hy is ’n gesoute politikus en was die afgelope 12 jaar ’n lid van die DA en het ondervinding in plaaslike en distriks­regering nadat hy as raadslid vir die Tsantsabane-munisipaliteit en die Frances Baard-distriksmunisipaliteit gedien het. Kaars was voorheen die eerste adjunkvoorsitter van die DA in die provinsie, en het op die Vereniging van Demokratiese Alliansie- raadslede gedien. Die DA glo Kaars sal tot die DA se koukus bydra met sy energie en oog vir detail.

You need to be Logged In to leave a comment.