Die Hoërskool Adamantia in Kimberley het vanjaar sewe nuwe onderwysers verwelkom.

As deel van hul bekendstelling aan die leerlinge het die skool verskeie vrae aan elkeen gestel.

Marizaan Havenga bied lewens- en natuurwetenskap en lewensoriëntering (LO) aan. Sy kan teken, en indien sy ’n superkrag kon kry, sou sy hoop op “superhuman durability” sodat sy nie elke keer ’n bloukol kry wanneer sy in iets vasloop nie.

JJ Pretorius, ’n LO-onderwyser, wens hy kon vlieg en wil Ysland besoek. Hy hou daarvan om gholf te speel.

Alida Botha, ’n LO-onderwyser wat ook kuns en drama aanbied, sou graag wou weet wat ander dink, en wil graag vlieg omdat sy nie van ry hou nie. Sy sou elke dag kon waterski. Switserland is haar droombestemming.

Monique van der Watt, wat wiskunde en sosiale wetenskap aanbied, sou graag mense se gemoed wou verander, want sy glo elkeen verdien geluk. Sy is ná tien jaar steeds dolverlief op haar man, en haar kinders is haar hele hart. Sy gou graag Italië en Parys wou besoek.

Monique Vlok, ’n onderwyser in geografie, toerisme en sosiale wetenskap, sou graag wou vlieg. Sy het vier honde en twee katte. Hawaii is haar droom­bestemming.

Jacques Maasdorp bied fisiese wetenskap en wiskunde aan. Sy wens vir ’n superkrag is ook om te vlieg. Hy wil die mooiheid van die aarde van bo beskou, en indien hy ’n dier kon wees, sou hy kies om ’n arend te wees. Volgens hom is hy baie geduldig en hy hoop om eendag Kuba te kan besoek.

Nadine Irvia is ’n onderwyser in gasvryheidstudie en toerisme. Sy wens vir die superkrag van teleportering, want dan kan sy almal vir wie sy lief is wat ver bly, meer sien. Sy het oudpres. Nelson Mandela ontmoet toe hy nog president was – haar pa was een van sy lyfwagte.

Monique van der Watt

Nadine Irvia

Alida Botha

Marizaan Havenga

Monique Vlok

Jacques Maasdorp

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article