NoordkaapBulletin stel Vrydag (06/05) ’n splinternuwe produk bekend wat lesers in alle uithoeke deur middel van e-pos kan bereik.

Dié produk, ’n uitbreiding van die gedrukte koerant, word in die vorm van ’n weeklikse nuusbrief beskikbaar gestel wat op ’n rekenaar of selfoon gelees kan word. Benewens ’n interessante berig of twee, wat “plaasvars” uit die Noord-Kaap sal wees, sal die nuusbrief skakels of plakkate van gebeure in die omgewing bevat, en ook per geleentheid bruikbare inligting soos resepte en wenke deurgee.

’n Groot voordeel wat die nuusbrief bied, is dat onder­nemings, en veral klein besighede, hierdeur ’n ideale geleentheid kry om hul produk of diens teen baie lae tariewe bekend te stel.

Stel jy daarin belang om die nuusbrief te ontvang en dit vir jou familie, vriende en kliënte aan te stuur?

Stuur ’n e-pos na noordkaap@media24.com.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article