‘n Groep ontevrede studente in Kimberley in die Noord-Kaap het na bewering kantore van ‘n plaaslike kollege aan die brand gesteek. Skade is aan die gebou en inhoud veroorsaak.
Dit volg nรก ongeveer 300 studente op Woensdag 4 Junie om 16:00 by die sentrale kampus van die Northern Cape TVET College in Longstraat in die stad byeengekom het. Hulle het antwoorde op verskeie klagtes geรซis, insluitend oor betalings van die Nasionale Studentefinansieringskema (NSFAS).
Volgens polisiewoordvoerder, brig. Mashay Gamieldien, het die studente begin om Longstraat te versper en klippe na werknemers en die gebou van die sentrale kampuskantoor te gooi. Hulle het na bewering ook die kantore aan die brand gesteek. Die brand is deur die stad se brandweer geblus.
Gamieldien sรช lede van die polisie se openbare orde polisiรซringseenheid is na die toneel ontplooi. ‘n Skokgranaat is afgevuur in ‘n poging om die oproerige groep uiteen te jaag. Geen beserings is aangemeld nie, en niemand is in hegtenis geneem nie. Die groep het kort hierna uiteengegaan.

‘NSFAS deel in skuld’
Hoewel diรฉ soort optrede nie goed gepraat kan word nie, deel NSFAS in die skuld van hierdie voorval. Sรณ sรช dr. Wynand Boshoff, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van onderwys in ‘n verklaring.
Boshoff sรช gefrustreerde studente betoog reeds weke lank weens laat betalings deur NSFAS. Diรฉ skema, wat meer as ‘n miljoen studente se studies finansier, speel sedert die Fees Must Fall-veldtog ‘n deurslaggewende rol in naskoolse onderwys.
Volgens hom het NSFAS, wat ‘n kleinerige beursskema was, byna oornag in ‘n reusetoelaagskema verander nรก oud-president Jacob Zuma in 2017, in reaksie op die Fees Must Fall-veldtog, gratis hoรซr onderwys belowe het. Van toe af moet klas- en verblyfgeld, asook sakgeld, aan ‘n steeds groeiende aantal studente uitbetaal word.
“NSFAS se stelsel was uit die staanspoor nie vir diรฉ taak opgewasse nie,” sรช Boshoff.

Hy sรช die kern van die krisis is die onvermoรซ van NSFAS om betyds elke maand sakgeld aan studente te betaal – hierdie betalings het deel van die land se maatskaplike vangnet geword.
Hoewel die groot handelsbanke toegerus is om hierdie funksie te vervul, volhard NSFAS in die gebruik van opkomende ondernemings, ter wille van transformasie.
Geen voorvalle, wat met Woensdag se oproer en vermoedelike brandstigting verband hou, is deur die nag of teen Donderdagoggend vroeg aangemeld nie, sรช Gamieldien.
Sy sรช wetstoepassingsbeamptes patrolleer die gebied. Lede van die polisie se openbare orde polisiรซringseenheid patrolleer ook die omgewing van die Sol Plaatje-universiteit en omliggende gebiede.





You must be logged in to post a comment.