’n Man van Modderrivier naby Kimberley wat sy meisie doodgeskiet en toe sy eie lewe probeer neem het, is tot 22 jaar effektiewe tronkstraf gevonnis.

“Andries (Mano) Buffel (47) is op Maandag 22 April in die hooggeregshof in Kimberley weens die moord op Charlene Molokwane (31) gevonnis,” sê sers. Marepelo Pilane, polisiewoordvoerder.

Die voorval het op 7 Junie 2023 kort voor 21:00 gebeur, en Buffel en Molokwane is met skietwonde aangetref. Albei is hospitaal toe, maar Molokwane het gesterf.

Anena Burger

You need to be Logged In to leave a comment.