Maria Spangenberg
Die tien finaliste van vanjaar se Huisgenoot Mej. Tiener-kompetisie is uit honderde inskrywings aangewys, en die publiek kan nou vir hul gunsteling stem. Die 16-jarige Maria Spangenberg van Keimoes, ‘n leerling aan die Hoërskool Duineveld in Upington, is een van die finaliste. Om te stem (‘n mens mag net een maal stem), besoek die stemblad op huisgenoot.com, kyk na die foto’s
en video’s, en stem. ‘n Mens kan tot 31 Julie stem. Die finaliste met die meeste stemme sal in ag geneem word wanneer Mej. Tiener in Augustus aangewys word. Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.