Die Noord-Kaap Vigs Forum (NKVF) is byna 30 jaar gelede onder leiding van wyle Babst Karsten gestig.

Sedertdien is dit deur verskillende besture en uitvoerende hoofde gelei. Rudolph Saal, voormalige skoolhoof, het in 2022 aangebied om as voorsitter te dien toe een nie gevind kon word nie. In Januarie was daar slegs vier raadslede, en past. Herman Cook (voorsitter) het hom aangesluit.

Apostel Gert Tities (onder-voorsitter), M. Cook (sekretaris: bemarking), sr. Cynthia Niewenhuizen (vise-sekretaris, palliatiewe sorg), M. Beukes (addisionele lid, onderwys), M. van Schalkwyk (addisionele lid, hospice) en Geraldine Jacobs (addisionele lid) het bygekom. Saal is aangestel as kantoorhoof sonder vergoeding.

Dié bestuur het ‘n nuwe visie vir die NKVF ten opsigte van befondsing, dienslewering, programme, volhoubaarheid en gemeenskapsbetrokkenheid ontwikkel.

Cook meld in ‘n verslag dat sr. Anna van Kratenburg van die palliatiewe program noem dat Upington ‘n hospice benodig om terminaal siek persone die geleentheid te gee om in waardigheid hul laaste dae deur te bring.

Saal het die Risiha-projek in die Rosedale-en Pabelello-woonbuurt geprys vir besondere diens wat tien jong gemeenskapwerkers aan meer as 200 begunstigde leerlinge gee. Die diens sal uitgebrei word met ‘n meer omvattende diens.

Volgens statistiek het die Noord-Kaap die tweede laagste voorkoms van HIV/Vigs naas die Wes-Kaap. In 2022 het die syfer op 8,9% gestaan.

As blyk van onbaatsugtige diens aan die NKVF het oud-en huidige raadslede sertifikate ontvang tydens die vergadering op 26 Maart. Belinda de Wee is as beskermvrou benoem.

– Saamgestel deur Rudolph Saal en Nick Pretorius

You need to be Logged In to leave a comment.