Nog vier skole sluit in Noord-Kaap

Nog vier skole in die Noord-Kaap is weens individuele Covid-19-infeksies gesluit, het die departement van onderwys Woensdag (01/07) aangekondig.


Nog vier skole in die Noord-Kaap is weens Covid-19-infeksies
gesluit, wat ‘n skool in Kimberley insluit.

 Dié vier skole is die Kimberley Christian School, die
Hoërskool Duineveld in Upington, die Laerskool Delta in Vosburg en die Laerskool
JJ Booysen in Loxton.

Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die Noord-Kaapse departement
van onderwys, het vandag (01/07) gesê dat 11 skole in die provinsie tot dusver weens Covid-19-infeksies
gesluit is.

 Die ander skole is:

1. Laerskool Carnarvon

2. Hoërskool Enoch Mthetho (Noupoort) 

3. Laerskool Ikhwezi Lokusa (Noupoort) 

4. Hoërskool Phillipstown

5. Laerskool Zingisani (De Aar) 

6. Laerskool Beacon (Kimberley)  

7. Hoërskool Veritas (De Aar)

 Van der Merwe beklemtoon dat individuele gevalle ter sprake
is en dat die departemente van onderwys en gesondheid saamwerk om kontakopsporings
te doen.

Sodra ’n positiewe geval aangemeld is, sluit die departement
van onderwys onmiddellik die skool, waarna dit ontsmet word. Daar word dan
bepaal of personeel en leerlinge van die skool sosio-maatskaplike ondersteuning
nodig het.

Die Laerskool Zingisani en die Laerskool Beacon het intussen
heropen, en die meeste van die ander skole op bogenoemde lys berei voor om in
hierdie week te heropen.

Van der Merwe sê skole word voortdurend gemonitor en het maatreëls
in plek om die veiligheid van leerlinge te verseker.

Die departement moedig onderwysers, ouers en leerlinge aan
om die Covid-19-regulasies te volg en om gereeld hande te was, sosiale afstand
te handhaaf en om ’n masker te dra om die verspreiding van die virus te beperk.

You need to be Logged In to leave a comment.