Suid-Afrika se werkloosheidskoers het die sesde kwartaal in ’n ry na ’n rekordvlak gestyg en was in die vierde kwartaal van 2021 35,3%, teenoor 34,9% in die derde kwartaal.
Daarby is daar byna halfmiljoen minder mense met werk as ’n jaar gelede in die formele sektor, waarin 724 000 poste afgeskryf is.
Werkloosheid onder jong mense wat nie meer op skool is nie en nie verder studeer nie, is 66,5% vir die ouderdomsgroep 15 tot 24 jaar, en 43,5% vir 25 tot 34 jaar.
– Hanlie Stadler