’n Leerling aan die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) in Kakamas is een van agt nasionale finaliste in DigiToneel, ’n ATKV-projek vir hoërskoolleerlinge.

Ná maande se toegewyde werk is die finaliste vir Gekies vir die kolligbekend gemaak, en Danelle Jacobs van HMO met Dag 1 is beter as dag 2 is een van hulle.

Die kandidate se monoloë, wat hulle self geskryf het en op kamera vertolk, word in Oktober op Via (DStv-kanaal 147) uitgesaai, waarna die wenner aangewys word. Die prysgeld beloop R5 000 vir die wenner, R3 000 vir die naaswenner en R2 000 vir die derde plek. Gekies vir die kolligse eerste uitsending is op 11 Oktober om 19:30 en die laaste op 1 November, wanneer die wenner ook bekend gemaak word.

JJ van Niekerk, organiseerder van ATKV-Toneel­projekte, sê die deelnemers het sedert Maart onder leiding van mentorbeoordelaars aan hul skryfwerk en toneelspel geskaaf. Die agt finaliste sal ook vir oulaas kans kry om hul opnames verder te verfyn met die hulp van Solomon Cupido, kenner op die gebied van skryf, toneelspel, regie en rolprentvervaardiging.

DigiToneel word vanjaar ’n tweede keer aangebied en is volgens Van Niekerk ’n projek van die ATKV wat ’n liefde vir teater, rolprente en skryfwerk by hoërskool­leerlinge bevorder.

Elretha Britz

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article