Ninjas tops in toernooi

DIE Last Man Standing se Wooden Spoon-kriekettoernooi het op 16 Augustus tydens ’n spannende eindstryd tussen die Kalahari-Ninjas en CI Knight Riders geëindig. Die twee dae lange toernooi is eindelik deur die Kalahari-Ninjas met 183 lopies vir vier paaltjies gewen teenoor die CI Knight Riders se 99 lopies vir sewe paaltjies. Die “Man” van die…


LOUIS FOURIE van die Heeltyd-Speeltyd-span kyk toe hoe Gavin Fincham vir die Doringdraadspan boul.
Foto’s:
Benneli Olivier Van der Walt

DIE Last Man Standing se Wooden Spoon-kriekettoernooi het op 16 Augustus tydens ’n spannende eindstryd tussen die Kalahari-Ninjas en CI Knight Riders geëindig.

Die twee dae lange toernooi is eindelik deur die Kalahari-Ninjas met 183 lopies vir vier paaltjies gewen teenoor die CI Knight Riders se 99 lopies vir sewe paaltjies.

Die “Man” van die eindstryd was Ricus Labuschagne van die Kalahari-Ninjas.

Labuschagne is ook as die toernooi se beste paaltjiewagter en beste kolwer aangewys.

Waka Karsten van die CI Knight Riders was die toernooi se beste bouler.

Cleon Hodman van die CI Knight Riders is as die toernooi se speler wat die beste vordering getoon het, aangewys.

Die toernooi se beste algehele speler was Gavin Fincham van die Doringdraadspan.

Verdere uitslae van die toernooi was soos volg:) Die Blue Balls-span het teen die Kalahari Eye Warriors verloor met 82 lopies, almal uit, teenoor 98 lopies vir vyf paaltjies.) Die uitspeel vir derde plek is deur die Doringdraadspan teen die Heeltyd-Speeltydspan gewen met 117 lopies vir vier paaltjies teenoor 95 lopies, almal uit.

Die speler van die wedstryd was Hugo Barnard van die Doringdraadspan

You need to be Logged In to leave a comment.