Ons Kalahari: ’n Songroet in vele skakerings

Lindie Engelbrecht het die kleure van die sonsondergang by die Khudunyane-landgoed in Kathu in ’n foto uitgebeeld.


Lindie Engelbrecht

Lindie Engelbrecht het die kleure van die sonsondergang by die Khudunyane-landgoed in Kathu in ’n foto uitgebeeld. Dié boekhouer vertel sy was nog altyd lief daarvoor om die warm, ryk kleure van ’n asemrowende sonsopkoms of -ondergang in kiekies vas te vang. Sy sê die pragtige patrone verteenwoordig vir haar die ontwaking en nagsê van Moeder Natuur en die Kalahari. Stuur gerus ook jou foto’s na alzane.narrain@media24.com. Foto’s moet minstens 1 MB groot wees. Gee ook ’n kort beskrywing van waar en wanneer die foto geneem is. Foto: Lindie Engelbrecht

You need to be Logged In to leave a comment.