’n Fees van rugby gelewer

Die ZF Mcgawu-sub-unie het Saterdag (30/03) sy eerste 20-20-rugbyfees op Die Eiland in Upington aangebied.


Die ZF Mcgawu-sub-unie het Saterdag (30/03) sy eerste 20-20-rugbyfees op Die Eiland in Upington aangebied.

Die rugbyspanne van die Upington-rugbyklub, die United-rugbyklub, Defence Force Collegians (DFC), die Sunwolves, Kakamas en Kenhardt is deel van die ZF Mcgawu-streek.

Spanne het in wedstryde van 20 minute aan ’n kant deelgeneem.

Die doel was om as die eerste bekerwenners gekroon te word.

Groot verrassings was aan die orde van die dag toe die kleiner rugbyklubs se spanne dit reggekry het om oor die groter spanne te seëvier.

Die eindstryd het ná sononder plaasgevind toe die spanne van DFC teen Kenhardt uitgedraf het.

Die span van Kenhardt het vroegmiddag belowende spel na die veld gebring maar die span van DFC kon daarin slaag om die belangrikste wedstryd van die dag te wen.

DFC het met ’n telling van 23 – 3 teen Kenhardt gewen.

You need to be Logged In to leave a comment.