Elliot Maris Prokureursfirma
Personeel van die Elliot Maris-prokureursfirma wie op Mandeladag 20 sakke rommel in en om die Trimpark opgetel het. Foto: Helena Barnard

Kimberley se bekende Trimpark is besig om “in ‘n gemors en ‘n nes te verander”.

Inwoners, asook diegene betrokke by maatskappye in die omgewing van diรฉ oefenpark, sรช dit ontaard in ‘n plek waar laatnagte gekuier, gedrink, gemors, en dwelms gebruik en seks beoefen word.

Boonop maak รกl meer inwoners van ander woonbuurte vuilgoedsakke met huishoudelike rommel in die asblikke langs die park leeg, en tuinafval word daar afgelaai. Diรฉ wat daaroor aangespreek is, het gesรช dat hulle deur die parke-afdeling van die Sol Plaatje-munisipaliteit aangeraai is om dit te doen.

‘n Inwoner wat teen die park woon, en anoniem wil bly, sรช op sommige aande is tot 17 voertuie langs die park parkeer terwyl diรฉ wat daarin aangekom het, “hoer en rumoer”. Wegneemete-houers word neergegooi, ook drankbottels, kondome en spuitnaalde wat waarskynlik vir dwelms gebruik word. Die vermoede bestaan dat dwelmverkope daar plaasvind.

Park as oefenpark tot stand gebring

Die park, wat op 31 Oktober 1981 deur die destydse Kimberley-stadsraad geopen is, is as ‘n oefenpark in die voormalige Van Riebeeck-park tot stand gebring. ‘n Draf- of stappaadjie kronkel vir nagenoeg 1,2km deur die park, en oefen-apparate van hout en metaal is by oefenpunte opgerig. By elke oefenpunt was ‘n bord met oefenaanwysings. Bome en gras is volgens ‘n spesifieke ontwerp aangeplant.

Diรฉ driehoekige park word deur Dalhamweg, asook Oliver- en Milnerstraat, begrens โˆ’ met die een punt wat tot teen die sirkel van die Honoured Dead Memorial strek. Die Hoรซrskool Diamantveld, Kimberley Boys’ High School en die Kimberley Junior School is in die park se onmiddellike omgewing geleรซ.

Leerlinge aan diรฉ skole besoek die park gereeld en dit is nie ongewoon om sportspanne daar te sien oefen nie. Inwoners van ander woonbuurte ry tot daar om te oefen, en ander stap met honde aan leibande.

Dit is egter nie ‘n openbare partytjie-plek nie, nog minder ‘n plek waar voertuie op die gras parkeer word. Met ‘n skolesportbyeenkoms vroeรซr vanjaar het ‘n busbestuurder tot in die park gery, waar die bus vasgesit het. Die gras en ‘n deel van die paadjie is beskadig. So moes inwoners ook al bestuurders van onder meer viertrek-voertuie vermaan om niรฉ tot binne-in die park te ry nie, en dat die sproeiers stukkend gery word. Diรฉ vermaning is met aggressie begroet.

‘n Groot deel van die gras is boonop stof gespeel deur sokkerspanne. Die kennisgewingbord wat aandui dat sulke aktiwiteite verbied word, is verbleik en byna onleesbaar weens sonskade.

Deel van die skade wat deur voertuie, wat tot in die park ry, aangerig word. Foto: Helena Barnard

Nie mannekrag, toerusting om park in stand te hou

Tot redelik onlangs is die park grotendeels deur ‘n tuinier, wat deur die aangrensende inwoners betaal is, in stand gehou. Nรก samesprekings is hy by die munisipaliteit aangestel aangesien die park deel van die munisipaliteit se verantwoordelikheidsgebied is.

“Toe ons weer sien, is hy weg. Hy is by ander parke aangewend, en toe ons weer hoor, moes hy aftree omdat hy 60 jaar oud geword het.”

Op ‘n onlangse vergadering het die munisipaliteit glo gesรช dat hy nie die mannekrag of toerusting het om die park in stand te hou nie. Die gras word selde gesny, die besproeiingstelsel is foutief met talle waterlekke, oefenpaadjies is uitgetrap of oorgroei, en rommel word nie verwyder nie.

Soms word ‘n span van die munisipaliteit gestuur en uit onkunde is talle van die nuwe boompies wat aangeplant is, se basse met “bush cutters” afgekap en is dit besig om dood te gaan.

Inwoners aanliggend aan die park voel dat hulle moeite doen om die park in stand te probeer hou, en skoon te maak op hul onkoste terwyl ander net daar kom partytjie hou, skade aanrig en rommel strooi.

“Die gereelde rommelstrooi en die feit dat die park so agteruitgaan, bedreig ook ons eiendomme se waarde,” sรช ‘n inwoner.

“Ek het gesien hoe iets van baie pragtig in ‘n rommelhoop begin verander,” sรช nog ‘n inwoner, en spreek die hoop uit dat die situasie nog ten goede omgekeer kan word.

Elliot Maris Prokureursfirma
Personeellede van die Elliot Maris-prokureursfirma het op Mandeladag 20 sakke rommel in en om die Trimpark opgetel. Marinel Fourie sรช dat die park in die openbare oog is, en dat hulle skaam kry wanneer hul kliente daar verby ry. Weens die hoofroetes wat aan die park grens, ry bykans elke besoeker aan die stad verby die Trimpark. Foto’s: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.