Die moordbeskuldigde Werner de Jager het glo sy eie lewe in die King Edward-hospitaal in Durban geneem.

Hy was voorheen vir ’n tydperk in aanhouding in die Westville-gevangenis totdat hy vroeër in April na die hospitaal oorgeplaas is.

Die voorval waarin hy dood is, het glo op Maandagoggend 15 April gebeur.

De Jager is daarvan beskuldig dat hy sy vrou, ds. Liezel de Jager, in 2021 by die pastorie in Amanzimtoti vermoor het.

Sy was voorheen ook ’n leraar by die NG kerk Kanoneiland naby Upington.

De Jager sou aanstaande maand, op 10 Mei, weer in die hof moes verskyn.

Hy sou op hierdie datum tereggestaan het op ’n aanklag van moord met voorbedagte rade, bykomend tot twee aanklagte van bedrog.

Netwerk24

You need to be Logged In to leave a comment.