Verskeie gebiede in die Kalahari het volgens die provinsie se nuutste misdaadstatistieke die afgelope boekjaar veral toenames in moord en verkragting getoon.

Lt. genl. Risimati Peter Shivuri, Noord-Kaapse polisiekommissaris, het verlede Dinsdag (10/08) op ’n virtuele nuuskonferensie die provinsie se misdaadstatistieke bekendgemaak.

Luidens dié statistieke het moord met 1,2% toegeneem, hoewel dit die afgelope dekade met 1,2% afgeneem het. Die afgelope boekjaar is daar 326 moorde aangemeld.

Die moordsyfer het by die Rosedale-, Keimoes- en Kakamas-polisiekantore met tussen 50% en 87,5% toegeneem. Verkragting het met 0,4% in die provinsie toegeneem en seksuele misdrywe met 0,8%. Geweld teen vroue het met 5,1% afgeneem en geweld teenoor kinders het met 6,4% afgeneem.

Geen bankrooftogte het voorgekom nie, terwyl motordiefstal en huisbraak met onderskeidelik 0,5% en 1,8% afgeneem het.

Risimati Shivuri

Lt. genl. Risimati Shivuri Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article