Werner de Jager, eggenoot van die vermoorde ds. Liezel de Jager – vroeër ’n leraar aan die NG kerk Kanoneiland naby Upington – word nou van moord met voorbedagte rade, ’n bylaag 6-misdryf, aangekla.
Hy staan ook tereg op twee aanklagte van bedrog nadat hy van lewenspolisse probeer eis het nadat Liezel vermoor is.
Nog iemand word glo met haar moord verbind, en inhegtenisneming word binnekort verwag.
Liezel is op 23 Oktober 2021 voor haar pastoriehuis in Amanzimtoti vermoor.
De Jager se borgtogaansoek, wat die staat sal teenstaan, gaan op 24 Januarie in die landdroshof in Amanzimtoti voort.
– Dennis Delport

