“Die ganse is moeilik vanoggend, hul dam is stokstyf ge-ys. Hulle mis hul gereelde oggendswem,” skryf Jurg Wagener van die Sterland-gasteplaas by Sutherland. Wagener sê Maandag (10/07) se koue was hewig “en skielik”, en hoewel Dinsdag se vroegoggendtemperatuur ver onder die minus was, was dit teen vroegmiddag ’n helder en fris wintersdag. Maandag is deur die Suid-Afrikaanse Weerburo as die koudste dag tot dusver dié winter beskryf, met sneeu wat tot in Gauteng voorgekom het.

Foto: Jurg Wagener