Carel Stander, ’n natuurlewefotograaf van Kaapstad, het saam met sy gesin tyd in die Kgalagadi-oorgrenspark in die Noord-Kaap deurgebring, ná die onlangse goeie reën. “Die park lyk soos Namakwaland in blommetyd,” skryf hy in sy plasing op die groep Kgalagadi Sightings op Facebook. “Hierdie wildebees het hom gate uit geniet in ’n poel water en modder ná die reën. Ek het gewag totdat hy sy kop en lyf skud om sodoende die vlieënde stukke modder vas te vang,” sê hy. Stander neem graag foto’s in die oggend of laatmiddag, wanneer die gehalte van die lig baie goed is. Komposisie wat die kyker se oog in die foto inlei, is vir hom belangrik.

Foto: Carel Stander

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article