Inwoners van Christiana en die omliggende gebied kan na die Christiana-minifees uitsien.
Dié geleentheid word op Saterdag 9 April en Sondag 10 April op die Gekombineerde Skool Christiana se terrein aangebied.
Netbal- en rugbywedstryde begin Saterdag om 08:00, terwyl besoekers talle stalletjies kan besoek. Die kunstenaars Wynand en Chereé, Lallie, Reën en Karoo sal vermaak verskaf.
Die feestelikheid word Sondag met ’n kerkdiens afgesluit.
Die minifees neem die plek in van die Christiana-delwersfees, wat weens die Covid-19-pandemie in 2020 en 2021 afgelas is.
- Belangstellendes kan die Facebook-blad Christiana Delwersfees of Gekombineerde Skool Christiana besoek om meer inligting te bekom.