Rooi Kalaharisandduine by Van Zylsrus.
Rooi Kalaharisandduine by Van Zylsrus. FOTO: Verskaf

Planne vir volgende jaar se Van Zylsrus-kunsteweek is onlangs op ‘n spontane dinkskrum in Kuruman bespreek.

Dit het plaasgevind toe die besoekende ds. Nadia Schwirzer ‘n skrywers-middag in dié dorp bygewoon het.

VLV Kuruman-tak
By die skrywersmiddag is van links, voor: Susan Joubert (voorsitter: ATKV-tak Kalahari), Petro Spangenberg (Van Zylsrus-kunsteweek feesganger), Magriet Fourie (feesganger), Hettie du Plessis-Krüger (vise-voorsitter: ATKV-tak Kalahari; mediaskakelbeampte VLV Kuruman-tak) en Lillie-Almaé Krüger (Volgende Voetspore-lid VLV Kuruman-tak); agter: Neeltjé Fouché, Nadia Schwirzer, Lavina Schoeman (voormalige lid van VLV Kuruman-tak), Anna-Marie Louw (feesganger) en Pieter Pienaar (organiseerder). FOTO: Verskaf

Schwirzer, ‘n Suid-Afrikaner van geboorte, het op kweekskool haar Duits-Suid-Afrikaanse man ontmoet. Tydens haar onlangse besoek aan Suid-Afrika het sy van die aasvoëlgeoglief by Van Zylsrus gehoor en op haar roete soontoe die skrywersmiddag bygewoon. Sy het nagraads in kreatiewe skryfwerk spesialiseer, is ‘n fotograaf, bedrewe hommeltuigloods, en een van haar kortverhale gaan moontlik in ‘n kortfilm gestalte kry.

LEES OOK: Aasvoël-geoglief sprei sy vlerke in die Kalahari-sand

Saam met Pieter Pienaar, organiseerder van die kunsteweek en betrokke by die aasvoëlgeogliefprojek, vier persone wat die kunsteweek bygewoon het, asook twee verteenwoordigers van die ATKV-tak Kalahari, het ‘n spontane dinkskrum gevorm.

LEES OOK: Eerste kunsteweek in Van Zylsrus: ‘Opwindend vanaf die eerste oomblik’

Behalwe ‘n aasvoël-koffietafelboek word ook gedink aan kompetisies vir aasvoël-fotografie, -multimediakuns, -kortverhale, -gedigte en ‘n -temalied.

Die ATKV-tak Kalahari beoog om by dié kunsteweek van 29 September tot 1 Oktober met die aanbieding van skryfonderrig in kortverhale en gedigte betrokke te wees.

Bel vir Pienaar by 083 585 3512 of Magriet Fourie by 072 956 8876 vir meer inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article