Kommer heers onder boere en die departement van landbou oor die styging in gevalle van bek-en-klouseer in Noordwes.
Reggie Ngcobo, woordvoerder van die nasionale departement van landbou, sê in die afgelope twee weke is 14 nuwe gevalle van bek-en-klouseer in Noordwes aangemeld.
Die plase waar dié hoogs aansteeklike siekte in die Potchefstroom-gebied uitgebreek het, sowel as die omliggende plase, is onder kwarantyn geplaas, sê Ngcobo. – Marietie Louw-Carstens



