Mediese studie wag op NK se tweede beste

’n Leerling aan die Kimberley Girls’ High School is Vrydag (21/01) as die Noord-Kaap se tweede beste matriku­lant vir 2021 aangewys.


’n Leerling aan die Kimberley Girls’ High School is Vrydag (21/01) as die Noord-Kaap se tweede beste matriku­lant vir 2021 aangewys.

Benewens haar agt onderskeidings het Shannon Wong Fatt ook die prys vir die beste leerling in Engels (huistaal) ontvang.

Sy sien baie uit na haar mediese studie aan die Universiteit Stellenbosch, al gaan sy haar ouers, Mal­colm en Maria, mis.

Shannon is verlig dat matriek nou agter die rug is.

“Dit was ’n stresvolle tyd, maar dit was toe ook nie so erg soos wat ek gedink het dit sal wees nie.

“My matriekjaar was heerlik, al was dit soms rof met al die akademie. Ons kon op ons onderwysers en vriende steun, veral ná die inperking van 2020 toe ek in gr. 11 was.”

Sy sê die skool het moeite gedoen om geleenthede vir die matrikulante te reël om hul gemoed te lig.

Haar raad aan die matrikulante van 2022 is om hard en konsekwent te werk.

Sy het ’n onderskeiding in Engels, Afrikaans, wiskunde, musiek, rekeningkunde, fisiese wetenskap, lewensoriëntering en lewenswetenskap behaal.

You need to be Logged In to leave a comment.