Die eindronde van die 41ste Matrikulant van die Jaar-kompetisie van die Universiteit van die Vrystaat, Netwerk24 en Volksblad is onlangs buite Bloemfontein vir die 14 topfinaliste aangebied.
Twee leerlinge uit NoordkaapBulletin se verspreidingsgebied was deel van die 14 wat uit inskrywings oor die land heen op grond van hul prestasies gekies is.
Onthatile Thaga van die Hoërskool Upington, en Chrisna Roelofse van die Hoër Landbouskool Jacobsdal, het as finaliste die eindronde en die spogdinee bygewoon.


