Onthatile Thaga

Twee leerlinge uit NoordkaapBulletin se verspreidingsgebied is deel van die groep van 14 topfinaliste in die 41ste Matrikulant van die Jaar-kompetisie.

Hulle is Onthatile Thaga van die Hoërskool Upington en Chrisna Roelofse van die Hoër Landbouskool Jacobsdal.

Die finaliste is uit inskrywings van oor die land heen gekies, en enige matrikulant wat van volgende jaar af aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) wil studeer, kon hulle inskryf.

Die kompetisie word deur die UV, Netwerk24 en Volksblad aangebied.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article