Joan Blumenthal, die Noord-Kaapse topmatrikulant van 2023, was geskok om haarself in die aankondiger se beskrywing van die topmatrikulant by die prysuitdelingsgeselligheid te herken.

“Ek het dit glad nie verwag nie,” sê dié oud dux-leerling en hoofmeisie aan die Hoërskool Hopetown.

Joan Blumenthal

Blumenthal het hard gewerk.

“My geheim was om ou vraestelle deur te werk. En wanneer jy ’n breuk vat, moenie op jou foon speel nie. Gaan loop buitekant en skep asem of doen iets wat lekker is.”

Haar gunstelingvakke was rekeningkunde en fisiese wetenskap.

Die dag toe die uitslae bekend gemaak is, het die skool nie vroegoggend hul uitslae aan hulle verskaf nie; totdat die prysuitdeling afgehandel is.

“Dit was erg senutergend,” sê sy.

Sy het sewe onderskeidings behaal en die eerbewys vir die hoogste prestasie in Afrikaans huistaal ontvang.

Sy is ’n ywerige dressage-perderuiter en het op skool aan atletiek, swem en netbal deelgeneem, asook aan verskeie olimpiades en debat.

Hoewel sy baie loopbane oorweeg het, het die mediese beroep haar die meeste interesseer. Toe sy jonger was, het sy kursusse in astrofisika, robotika, asook basiese lewensondersteuning, noodhulp en tegniese vaardighede gedoen.

“Ek het heelwat skaduwerk saam met dokters in die Mediclinic Gariep gedoen en besef dit is die loopbaan wat ek wil volg. Ek was ook teenwoordig toe operasies uitgevoer is. Dit was ongelooflike goeie ervaring.”

Haar ouers, Fanie en Carine, en ouer broer, Francois, bedryf boerderye.

You need to be Logged In to leave a comment.