Bennie (Barend) Badenhorst van die Hoërskool Douglas is derde op die lys van die Noord-Kaap se 20 topmatriekkandidate vir 2022.

Hy is een van slegs drie matrikulante in die Noord-Kaap wat agt onderskeidings behaal het. Bennie is ook as die beste matrikulant in Engels eerste addisionele taal aangewys.

Hy gaan vanjaar sy studies in B.Sc rekenaarwetenskappe en wiskunde aan die Noordwes-universiteit in Potchefstroom aanpak.

Sy resep vir sy akademiese sukses was “om hard te werk, skoolwerk te prioritiseer en verder net op die Here te vertrou.”

Hy vertel dat hy die lekker tye saam met sy vriende gaan mis, en ook sy klasmaats met wie hy tot dusver die grootste deel van sy lewe ’n pad gestap het.

Nuwe ervaringe en geleenthede in die toekoms is waarna hy uitsien, en ook om universiteit toe te gaan.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article