Bewolkte weer, verspreide donderbuie, asook temperature diep in die 30’s – wat plek-plek aan die 40 °C raak, word vir vandeesweek in die Noord-Kaap voorspel. Wind – van slegs ’n ligte briesie tot ’n matige sterk wind – is deel van die voorspelling.
In Kimberley is die gemiddelde dagtemperatuur van Maandag tot Vrydag 34,4 °C, terwyl die nagtemperatuur se gemiddeld 20,2 °C is.
’n Moontlikheid vir reën – tussen 2% en 55% – word vir elk van die dae voorspel.
Volgens die weerwebwerf yr.no is Saterdag en Sondag se maksimum temperature vir Kimberley onderskeidelik 36 °C en 33 °C, met ’n minimum van 19 °C en 18 °C. ’n Ligte briesie vanuit die noorde word voorspel, met ’n klein moontlikheid vir reënbuie in die middag.
In Kuruman is die gemiddelde dagtemperatuur vir die dae ook 34,4 °C, met die nagtemperatuur op 20,2 °C.
Die gemiddelde kans op reën vir die dae is 37%.
Yr.no voorspel ’n maksimum van 34 °C vir Saterdag in Kuruman, en 33 °C vir Sondag, met die minimum temperature onderskeidelik 20 °C en 18 °C.
’n Ligte briesie word vir dié twee dae voorspel, met ’n baie skrale moontlikheid van reën.
Upington se gemiddelde dagtemperatuur vir vandeesweek is 38,6 °C, en die nagtemperatuur is 23,8 °C.
Slegs ’n 1% kans op reën word hier voorspel.
Vir Saterdag voorspel yr.no ’n maksimum van 32 °C in Upington, en ’n minimum van 22 °C. Sondag word warmer weer voorspel: 37 °C maksimum, en 21 °C minimum.


