Man vas vir bedrog

’n Man van Prieska is Vrydag (11/03) op borgtog van R1 000 vrygelaat nadat hy mense glo bedrieg het deur hom as verkeers­hoof van Postmasburg voor te doen.


’n Man van Prieska is Vrydag (11/03) op borgtog van R1 000 vrygelaat nadat hy mense glo bedrieg het deur hom as verkeers­hoof van Postmasburg voor te doen.

Kapt. Tebogo Thebe, Valke-woordvoerder, sê die Valke het Andrew May (38) Donderdag in sy huis in Prieska in hegtenis geneem.

Hy sê die polisie het in Januarie 2021 die eerste van talle klagte oor sy beweerde bedrog gekry. Hy het glo rybewyse en voertuig­registrasie­dokumente vir geld geruil.

Hy sou weer op 12 April in die hof verskyn het.

Marita Herselman

You need to be Logged In to leave a comment.