Man breek by burgersentrum in

Inwoners en amptenare was Vrydagoggend (09/12) verstom om die glasdeure by die Sol Plaatje-munisipaliteit se burgersentrum in skerwe aan te tref. Volgens Thoko Riet, munisipale woordvoerder, het die voorval – toe die glasdeure gebreek is – in die oggendure plaasgevind. “Die bewering is dat ‘n man die glasdeure gebreek en ingekom het. Hy het egter niks gesteel nie en die polisie het hom in hegtenis geneem. Hulle ondersoek die voorval. Meer inligting sal volg,” sê Riet.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article