Dié treinspoor-patrolliefiets wat deur agt fietsryers aangedryf is, is tydens die Suid-Afrikaanse Oorlog (Anglo-Boereoorlog) van 1899 tot 1902 gebruik. Dit is in die Transnet-vervoermuseum by die Kimberley-stasie te sien. Suid-Afrikaners het tot 18 Oktober tyd om dié museum, asook die Groot Gat-museum, McGregor-museum en die William Humphreys-kunsgalery in Kimberley te besoek om hulle in te skryf vir die museumpaspoort-kompetisie waarin ’n reis vir twee op die luukse Bloutrein gewen kan word. Dié kompetisie kombineer Erfenis- en Toerisme-maand van September met Vervoermaand in Oktober. Om hulle vir die kompetisie in te skryf, moet deelnemers ’n museumpaspoort by een van die vier genoemde museums bekom en dan elk besoek om die paspoort, wat ook as inskryfvorm dien, te laat stempel. Besoek enige van dié museums vir meer inligting.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article