LUR betreur ná skielike afsterwe

Mac Jack (55), Noord-Kaapse LUR vir onderwys, was nie kwaadwillig, ydel of ’n huigelaar nie. Hy was ’n meesterlike vakman – eerlik en opreg in sy betrokkenheid by die politiek.


Mac Jack (55), Noord-Kaapse LUR vir onderwys, was nie kwaadwillig, ydel of ’n huigelaar nie. Hy was ’n meesterlike vakman – eerlik en opreg in sy betrokkenheid by die politiek.

So het dr. Zamani Saul, Noord-Kaapse premier, Jack Sondag (16/08) in die grafrede by die begrafnisdiens in Graaff-Reinet, Jack se geboortedorp, beskryf.

Mac Jack

Wyle Mac Jack (55) Foto: Argief

Jack is Woensdag (12/08) in die Mediclinic Gariep in Kimberley aan Covid-19 ná ’n week in die hospitaal oorlede.

Saul sê almal het Jack as ’n vegter met ’n groot hart geken. Hy was ’n groot familieman.

Vir die premier was hy ’n kameraad, vriend, vertroueling en broer.

“Die dood het ons swart juweel en dinamiese, joviale, skitterende ster gesteel. Ons ster het verdof en ons is hartgebroke en in totale verdriet,” sê Saul.

Volgens die premier begin die stryd teen korrupsie met eenheid in die ANC, omdat ’n verdeelde organisasie korrupsie nie sinvol kan bestry nie. Hulle moet nou as ’n blywende huldeblyk aan Jack harder werk om eenheid in onder meer die ANC te bewerkstellig.

Jack word deur sy vrou, nege kinders en sewe kleinkinders oorleef.

You need to be Logged In to leave a comment.