Kameeldoring: Luiheid lei tot vermaak

“When life gives you lemons, you throw them at the Government,” reken die skrywer SeanCityNavy.


“When life gives you lemons, you throw them at the Government,” reken die skrywer SeanCityNavy.

Daar is geen groter gespot as wanneer ’n ry mense met geknersde tande en seer voete voor ’n staatsgebou wag nie.

Die onderwerp is by uitstek die amptenare se luiheid; hulle wat met hemelhoë hoëhakskoene en nousluitende rompe kop en behangde skouers bo die gepeupel staan.

Was dit nie vir die storie­verteller Charlie se staaltjies nie, het ’n paar van ons se skelette van die gestaan ingegee.

“Kyk nou daar,” sê hy en wys na ’n polisielid met ’n kosblik in die hand. “Klaar op lunch!”

Hy onthou die gespekte polisieman wat agter ’n verdagte aangesukkel het. Charlie demonstreer die slakkegang van ’n oorgewig geregsdienaar.

“Staan of ek skiet,” beveel hy hygend en vee die sweet af.

Uiteindelik kom die lid tot ’n snorkende stilstand en skreeu weer op die verdagte. Hy gooi moedeloos sy dienspistool na die verdagte, wat omdraai en die pistool ent vir ent in die stof na die polisieman skop.

“Daar’s hy. Vang my!”

Of die munisipale werker op ’n bouterrein wat elke dag kilometers om en om sy dagtaak loop op soek na vuurhoutjies wanneer hy “velties” vang. Uiteindelik, wanneer hy daar aankom, raak hy aan die slaap; totdat hy moet spring en dans vir ’n beter salaris.

“Ons sal en gaan dinge verander,” sê die storieverteller.

“Ons moet net.”

You need to be Logged In to leave a comment.