Loslitdag help met warm komberse in ysigheid

Om warmte in die ysige koue te skep, het die tesourier van die Vereniging van en vir Persone met Gestremdhede in die Frances Baard-distrik ses dubbelbedkomberse laat koop.


Om warmte in die ysige koue te skep, het die tesourier van die Vereniging van en vir Persone met Gestremdhede in die Frances Baard-distrik ses dubbelbedkomberse laat koop.

Dr. Ambrose Swartbooi, tesourier, het die komberse namens die vereniging aan oudvriende van die Ikageng-werkswinkel geskenk: Andries Bitterbos, Nicodemus Namate, Krisjan Riet, Lydia Maarman, Marian Rowland en Charles Twaisa.

Dorothy-Anne Howitson, sekretaresse van die vereniging, sê dit is projekte soos Loslitdag wat dit vir die vereniging moontlik maak om ander te help.

Loslitdag vind op 6 September plaas, en deur R20 vir ’n plakker te betaal, kan tot dié geldinsameling van die projek bygedra word. Geld wat vir Loslitdag ingesamel word, word aan onder meer die Vereniging van en vir Persone met Gestremdhede geskenk om sy onbaatsugtige werk voort te sit.

Vanjaar se tema is: “I see you”, en plakkers en ook T-hemde, pette en meer kan vir Loslitdag gekoop word. ’n Digitale plakker kan ook aangeskaf word.

Besoek casualday.co.za vir meer inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.