Vir Loslitdag 2024 het die bestuurslede van die Vereniging vir en van Persone met Gestremdhede in die Frances Baard-distrik (APD-FB) hard gewerk om dié geldinsamelingsprojek suksesvol te maak.
Dr. Ambrose Swartbooi (tesourier) en Jemina Masilo het albei sertifikate vir uitstekende deelname van die Nasionale Raad vir en van Persone met Gestremdhede (NCPD) ontvang.
Loslitdag is ‘n jaarlikse geldinsameling- en bewusmakingsveldtog vir organisasies wat mense met gestremdhede ondersteun.
Vanjaar se Loslitdag vind op 5 September plaas, met die tema “Beyond the Label”.
Lede van die publiek kan deelneem deur ‘n Loslitdag-plakker te koop, en ook produkte soos ‘n T-hemp, pet of hoed.
Besoek casualday.co.za vir meer inligting.



