Griekwas het Vrydagaand 23 Augustus goeie rekenskap van hulself gegee en ’n paar keer die Bulle in ’n Curriebeker-kragmeting op Loftus Versfeld onder druk gehad.

Maar dit was nie genoeg om die Ligbloues van ’n sege te weerhou nie, wat die Poubloues met 47 – 24 oorheers het.

Dit is die Bulle se sewende oorwinning in dié reeks, met ’n agtste wedstryd wat gelykop geëindig het. – Marnus Kok

  • Die Bulle is bo-aan die punteleer, met die Griekwas steeds sewende. Griekwas meet op Vrydag 30 Augustus om 15:00 kragte teen die Cheetahs op die Suzuki-stadion in Kimberley.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article